Daar’s niks beter as bike ry – Jou-maha Se-zuki! (1)

Ek kry so ‘n empatetiese smile wanneer ek hoor dat motorfietsryers bekend staan by hospitale se ongevalle-afdelings as Orgaanskenkers. Empateties, soos ek sê, terwyl ek ingedagte oor my linkerknie, albei boude, my neus, elmboë en linkergewrig vryf. Dis net sommige van die plekke op my lyf wat deur die jare gestamp, gebloei, geskuur en verdraai is, alles net oor my stupid liefde vir bike ry. (Daar was ook ‘n vinnige bewusteloosheidjie en waarskylik breinskade gewees toe ek my kop harder as gewoonlik gestamp het, maar daarvan kan ek gelukkig net die agterna se opstaan-vannie-teer-af-en-soos-‘n-dronk-eend-terugsteier-bike-toe onthou.) Gelukkig nooit letterlik organe geskenk nie. (Nie dat my brein of lewer ooit skenkkwaliteit was nie…) Alhoewel ‘n paar vierkante voet van my vel al teësinnig oor ‘n wye gedeelte van die Vaaldriehoek se paaie agtergebly het. (Mos in Vereeniging/Meyerton groot geword en bike gery – don’t judge, dis darem nie Brakpan nie.) Lees meer “Daar’s niks beter as bike ry – Jou-maha Se-zuki! (1)”

Kampeer? Kampseer!

So besluit ek en my verdraagsame vrou om op ons oudag te begin kamp. (Oudag beteken ek is so 50 lang jare plus die nuwe verhoogde BTW en Vroulief se ouderdom is ek nie dapper genoeg om bekend te maak nie.)
Weens ‘n afwesigheid van enige kamp-ondervinding, besluit ons om nie te gaan KAMP nie. Met KAMP bedoel ek nou karavaan-en-tent kamp. In my gedagtes beteken dit karavane in-reverse tussen twee te-naby bome terwyl jou vrou “help” deur teenstrydige bevele uit te roep, haar arms terselfdertyd in ses verskillende rigtings te swaai en elke drie sekondes STOP! te skree. Om half-drie in die nag jouself simpel te val oor tenttoue as jy moet landloop om die gevreesde ablusieblok betyds te probeer vind… Lees meer “Kampeer? Kampseer!”

Die Dropperstorie

My ontnugtering, teleurstelling en wantroue in my ma het op een dag, een plek en in ‘n paar sekondes ontstaan. Tot op daardie dag was ek vas oortuig dat sy ten minste die normale hoeveelheid liefde en beskerming vir my, ‘n tipiese stoutgat standerd 5 (graad 7, vir die van ons wat sonder LPs, Walkmans en minder-as-R1/li petrol groot geword het) seuntjie. Lees meer “Die Dropperstorie”