Kyk Noordhoek en Kamp Voort!

Hi, my naam is Homer. Ek’s ‘n wit, blou en silwer Mitsubishi motorhome in die fleur van my lewe. (En met fleur bedoel ek middeljarig, dalk selfs grootjarig – ek’s dertig jaar oud, het al oor die 150 000 kilometers gestap, geslenter en (ja!) gehardloop, en die jare begin wys. Ek piepie gereeld deur ‘n waterpyp-lek en ek staan maar moeilik op in die oggende (veral as dit koud is – baie kreune en steune voor ek aan die gang kom). Plooie begin ook al wys op my verfwerk, en die odd roes-sproet begin nou hier en daar groei op my effens-oorgewig lyf. My hart is maar dodgy – om sy battery-water op te top help ook net soveel. Dan’s my prostaat ook nog vergroot – die dokters het al ‘n nuwe exhaust ingesit, maar ek wag nog vir die welding om te sak… Salf word gereeld op my dashboard gesmeer om teen velkanker te probeer keer, en handvolle medisyne is nodig om verskeie ou-kar kwale in plek te hou. My bloed raak deesdae ook gou dun, en moet gereeld gecheck en opgevul word – my bloedgroep is 10W40 positief. Continue reading “Kyk Noordhoek en Kamp Voort!”

Daar’s niks beter as bike ry – Jou-maha Se-zuki! (2)

Word ek mos UITEINDELIK agttien, en kan nou opgradeer na broer se Suzuki 550 toe. Ook al bietjie opgery, maar ai, daai eerste oggend toe ek petrol draai, was die verskil oog-tranend duidelik. Spoed! Sommer vinnig verby 100, 120… en toe tref die bangheid my – mos nog NOOIT so vinnig beweeg nie.  En as jy jou gat kan afval teen minder as 60, wat kan ek nie nou aan myself doen nie? Maar stupid vergeet mos gou, en binnekort kyk ek presies hoe vinnig ek kan ry. Tot een aand, toe ek laaaat terug huis toe kom van Le Chic (‘n disco in Vanderbijlpark, is ek jammer om te sê). Ek was op daai stukkie amper-highway tussen Vanderbijlpark en Vereeniging, toe ek seker maar aan die slaap geraak het – dit was wel laat, en ek het moontlik ‘n bier shandy gedrink. Continue reading “Daar’s niks beter as bike ry – Jou-maha Se-zuki! (2)”

Gans te lekker in Gansbaai!

Sooo, na ons ongelooflike suksesvolle eerste voel-hoe-dit-voel trippie met Homer (ons antieke motorhome met oorgenoeg plek binne vir twee of selfs drie volgroeide Chihuahuas) besluit ons om darem net die basic kamptoerusting aan te skaf. (Twee kampstoele en ‘n boks rooiwyn is nie baie street credderig nie…)

Dus beteken dit ‘n goed-deurdagte lysie, ‘n paar sakke vol geduld (pappa hou nie van shop nie!) en natuurlik ‘n staaf of twee goud en antieke muntstukke. (Kamptoerusting is stink-poepe-los duur.)

Ons eerste, belangrikste item om af te tick, is ‘n tafel. (Wynglase moer onstellend maklik om as jy dit op ongelyke kampgrond neersit.) Daar is ‘n paar om van te kies – ‘n cheap Benoni-kerkbasaar een, die Pretoria-Noord kyk-hoe-kamp-ons tipe, en dan die duurste, kom-ons-bel-Ooba-en hoor-van-‘n-tweede-huisverband opsie. Na ‘n gewik en weeg (dit beteken Vroulief het gewik om die duurste een te koop en ek het my beursie fronsend geweeg, en toe oorweeg om kar toe te hardloop – tafelloos) sit ek toe my voet neer as baas in die huis en dring aan op die medium-onbekostigbare tafel. Nadat ons die duurste een ingelaai het, stryk ons aan (stryk? hoekom stryk?) na die grondseil-rakke. Gou agtergekom ‘n grondseiltjie word blykbaar van geweefde meermin-hare gemaak, en daarna dat Porta-Potty pods of tablets (wat “all solid and liquid waste effortlessly dissolve” – eeeeuugghh!!! – en dan alles in lekkerruikende groen of blou parfuum verander) heel waarskynlik van Venus ingevoer word. Nadat Vroulief my getroos het, en ek ‘n nier verkoop het, stap (strompel) ons kampstofies toe. Continue reading “Gans te lekker in Gansbaai!”